WARD 6 CANDIDATE

Bertie Beel

Die Knysna Independent Movement is trots om Bertie Beel voor te stel as ons se wykskandidaat in die plaaslike verkiesing vir Wyk 6 in Knysna vir 2021. 

Bertie het sy loopbaan begin as ‘n bewaarder by Pollsmoor Gevangenis. Hy het hom in 1987 in Knysna gevestig en woon tans in Katanga met sy gesin waar hy as pastoor dien. Bertie se 23 jaar diens by Feathers fabriek, todat hulle deure moes toemaak, is bewys van sy toewyding en deursetting. Hy het ook by Zawadi Gems gewerk. 

Bertie is alombekend as ‘n iemand wat in belang van sy gemeenskap optree. Hy is veral passievol oor gemeenskapsveiligheid. Hy het in 2005 by Bambanani aangesluit waar hy as sekretaris gedien het. Die organisasie bestaan tans voort as die Hornlee buurtwag, waarvan hy die voorsitter is. Bertie is ‘n toegewyde lid van die Knysna Gemeenskapspolisiering Forum en het ook op Sinethemba se raad gedien. 

Bertie se visie vir sy wyk is om saam met die gemeenskap te werk om die ekonomie, omgewingsgesondheid, gemeenskapsveiligheid en sosiale omstandighede positief te verander.

Bernie beplan om op die volgende prioriteite te fokus in Wyk 6:

  • Interaksie met distriks- en provinsiale departemente wat verantwoordelik is vir gesondheids- en maatskaplike dienslewering vir bejaardes en gestremdes. 
  • Samewerking met provinsiale en nasionale regering, gemeenskapsorganisasies en munisipale departemente om jeug werkskepping, leergeleendhede, sport, ontspanningsgeriewe en sosiale- en ekonomiese programme vir die jeug te bevorder. 
  • Versekering van munisipale deelname om misdaad hok te slaan, deur die installering van kameras in ‘hotspots’, beligting van donker areas, die skoonmaak van bebosde areas in die wyk en sigbare wetstoepassing op pensioendae.
  • Verskaffing van bekostigbare behuisingsgeleenthede, die vervanging van asbestosdakke en die instalering van geute en watertenke. 
  • Bekamping van korrupsie om toe te sien dat die besteding van die raadsbegroting volgens die geintegreede ontwikkelingsplan geskied en dat hulpbronne en  dienste die mees behoeftiges bereik.